Tel: +27 (0)12 666 8432
Cell: +27 (0)83 274 7551
raslouwkaste@lantic.net
Raslouw Kaste en Meubels is 'n kombuis maatskappy wat daarna streef om die kliënte waarde vir geld, 'n beter produk en persoonlike aandag te bied.
Ons bestaan al vanaf Januarie 1998, en het 'n magdom tevrede kliënte. Raslouw Kaste spesialiseer hoofsaaklik in nuwe droom kombuise, opgradering van bestaande kombuise, slaapkamerkaste, badkamerkaste, kroeë en kantoormeubels.
Elke projek, hoe groot of klein, word met dieselfde passie aangepak
Verskillende houtsoorte, melamiens en fineer's word gebruik, en dan ook die hardehout soorte soos, eik, beuke, maple, roos en kersie is van die gewildste. Raslouw Kaste se personeel is baie trots op hulle werk en neem die kliënte se behoeftes en verwagtinge in ag.
Elke projek, hoe groot of klein, word met dieselfde passie aangepak. Ons oorburg die gaping tussen argitekte en die drome van kliënte en ons werk word gekenmerk deur - slegs die beste is goed genoeg. Die droom kombuis word so beplan dat geen spasie vermors word nie. Al die bybehore word so gespasieer dat daar gelyktydig gekuier en gekook kan word. Elke kombuis getuig van 'n stylvolle, goed deurdinkte en deeglike voorafbeplande kombuis. 'n Verskeidenheid deur word gebruik om die slaapkamer effek in die kombuis weg te neem.